Local newsNews

Man word oorval en aangerand by sy huis in Klipfontein

Die incident het plaasgevind op 8 November by die slagoffer se huis in Klipfontein Uitbreding 16, toe die verdagte die huis binnegaan waar hy die slagoffer aangerand het.

Verlede week Dinsdag is ’n man (68) wreed by sy huis deur ’n verdagte onder andere gebyt en met ’n stomp en kruk geslaan.

Omstreeks 13:00 op 8 November het die slagoffer se pleit om hulp deurgekom na die

Klipfontein Buurtwaggroep dat hy by sy huis in Klipfontein Uitbreiding 16, deur ’n verdagte oorval en aangerandis.

Die man se verloofde het vertel dat sy by die werk was toe hy haar bel en beangs inlig van die voorval.

Sy het haar na hom gehaas en op die toneel gewag vir ’n ambulans.

“Dit was een man wat my verloofde aangerand het en dit was nie die eerste keer wat dié man in die erf was nie. Ons het hom in Augustus ook in die erf gesien,” het sy gesê. Sy het vertel dat haar verloofde prostese in sy knieë het en ’n kruk gebruik om oor die weg te kom. “Hy is met sy eie kruk op sy knieë geslaan.”

Die verdagte het na bewering die man se kruk teen sy rug gebreek. Behalwe vir dit, het sy verloofde vertel dat die verdagte ’n boor teen sy been gedruk en probeer boor het.

Die slagoffer se geld is na bewering gesteel, voordat die verdagte op vlug geslaan het.

Die SAPS voorsien onder andere die volgende veiligheidsmaatreëls by die huis:  Veiligheidshekke met stewige slotte voor elke buitedeur asook diefwering wat alle vensters bedek, word aanbeveel.

ʼn Alarmstelsel, verkieslik gekoppel aan ʼn gewapende reaksiemaatskappy, kan as ʼn effektiewe afskrikmiddel dien.

Maak seker dat alle deure ten alle tye gesluit is en dat vensters toe is wanneer jy nie by die huis is nie.

Identifiseer relatief veilige ontsnappingsroetes, dit wil sê: badkamer, toilet of stoorkamer.

Daar is geen twyfel dat aanranding, veral tot só wrede mate, mens traumatiseer en met vrees laat.

Om te gesels met die media ná ’n voorval verg dapperheid en dien ’n belangrike doel: Dit stel inwoners in kennis van wat rondom hulle aangaan om voorsorg te kan tref.

Hoe dit ook al sy, die gemeenskap word gevra om die privaatheid van hierdie slagoffers te respekteer.

Sommige vra dat hul name en adresse nie bekend gemaak word nie, want hulle vrees die oortreders se moontlike terugkeer om wraak te neem vir wat hulle bekend gemaak het.

Indien dit die geval is, word die gemeenskap gevra om die nodige en menslike respek te toon om nie besonderhede van ʼn voorval aan die wêreld bekend te maak sonder om die potensiële impak wat dit op die slagoffer kan hê, in ag te neem nie.

Onthou, dit kon jy of jou gesin in die slagoffer se skoene gewees het.

Om te haas om inligting op sosiale media te plaas oor ʼn voorval, sonder om die slagoffer te raadpleeg, kan moontlik afgryslike gevolge vir die slagoffers inhou. ns ken almal die gesegde ‘think before you ink’.

Pas dit toe en respekteer slagofferskap asseblief!

Bogenoemde voorval was nie die enigste een wat hierdie maand plaasgevind het nie.

WITBANK NEWS het ook rapporteer oor ʼn man (60) wat op 5 November in Modelpark in sy huis aangeval is.

Bejaardes van die gemeenskap moet op hul hoede wees vir huisrowers, want barbaarsheid en wreedheid is hul modus operandi.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 
Back to top button