Frans en Johan raap al die trofeë op tydens jagtersvereniging se jaareindfunksie

Jagters het pragtige trofee gewen vir hul inskrywings die afgelope jaar.

Twee lede van die Hoëveld Jagters- en Wildsbewaringvereniging het sleepwaens nodig gehad om al hul trofeë by die huis te kry na hul prysuitdeling die afgelope naweek.

Mnre. Frans Greeff en Johan Steyn het skoonskip gemaak tydens die prysuitdeling wat Saterdag, 12 November by Indlela Lodge plaasgevind het.

Mnr. Louis de Jager oorhandig die trofee aan mnr. Johan Steyn. Johan is die beste Hoëveld Jagters- en Wildsbewaringverenigingskut in al die afdelings.

Frans is aangewys as die algehele wenner van die mans jagtrofee kompetisie en Johan as die beste skut in al die kategorieë.

Mnr. Louis de Jager oorhandig ’n sertifikaat aan me. Christine van der Schyff vir die beste skut haelgeweer dames.

Frans het die medium antiloop blesbok-, groot antiloop blouwildebees-, groot antiloop eland-, groot vyf buffel-, groot antiloop-, medium antiloop- en groot vyf trofeë gewen.

Mnr. Louis de Jager oorhandig een van vele trofeë aan me. Isabel van Niekerk.

Me. Christine van der Schyff het die medium antiloop rooibok trofee gewen.

Christine is ook aangewys as die algehele wenner vroue jagtrofee kompetisie.

Sy is ook aangewys as die beste skut in die haelgeweer dames-afdeling.

Die dames opeklas wat bestaan het uit mee. Annetjie van Niekerk, Mariëtte Bester, Christine van der Schyff en Isabel van Niekerk het tweede gekom in die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika Intervereniging se kompetisie.

Op die skietbaan was die lede se visiere ook in.

Die dames opeklas wat bestaan het uit Christine, mee. Mariëtte Bester, Annetjie van Niekerk en Isabel van Niekerk het tweede gekom in die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika Intervereniging se kompetisie.

Hulle het ook ’n tweede plek behaal in die interprovinsiale baanskiet kompetisie in die opeklas.

Isabel is aangewys as die beste senior dames skut, pistool skut dames, en wenner van die skietbaan skietkompetisie langbaan dames.

Magnus Bester het die hoogste jaartotaal opgestapel in die skietbaan langbaan junior afdeling. Mnr. Louis de Jager oorhandig sy trofee aan hom.

Sy het ook trofeë ontvang vir algehele skut langbaan, kleiduif, koi-koi en pistool.

Annetjie het die hoogste jaartotaal bymekaargemaak in die skietbaan beste skut langbaan dames afdeling.

Die mansspan wat bestaan het uit Johan, mnre. Werner Bester, Jan van Niekerk en Gerhard van Niekerk het tweede plek gewen in die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika Intervereniging se vlakteskiet kompetisie.

Johan, Gerhard, Jan en Henk Loubser het ’n derde plek gewen in die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika Intervereniging se baanskiet kompetisie  opeklas.

Die piekanien van die jaar asook die beste skut piekanien met die hoogste jaartotaal het gegaan aan Sibastian Bester. Mnr. Louis de Jager oorhandig sy trofee aan hom.

Gerhard was ook opgeneem in die nasionale baanskiet opeklas en hy is aangewys as die algehele wenner koi-koi.

Johan is aangewys as die beste pistool skut in die mans afdeling en het die hoogste jaartotaal bymekaargemaak in die skietbaan beste skut langbaan mans afdeling.

Dié jagter is ook aangewys as die beste haelgeweer skut

van die jaar.

Met al die trofeë wat hy ontvang het, was dit geen verrassing toe Johan aangewys is as die beste skut in die mans afdeling langbaan, kleiduif, pistool en koi-koi.

Die piekanien van die jaar asook die beste skut piekanien met die hoogste jaartotaal het gegaan aan Sibastian Bester.

Magnus Bester het die hoogste jaartotaal opgestapel in die skietbaan langbaan junior afdeling.

Hy is ook aangewys as die junior skietbaan beste skut.

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version