Local newsNews

Man baklei verbete teen rowers

Dit blyk of die 60-jarige man die rowers op heterdaad in sy huis betrap het.

Daar is nog baie onbeantwoorde vrae wat volg ná die aanval op ’n 60-jarige man die afgelope naweek.

Mnr. Erick Williams is op 5 November na 22:00 in sy huis in Modelpark aangeval.

Volgens beskikbare inligting het ’n kar met drie insittendes voor Williams se huis gestop.

Twee mans het uitgeklim en die huis ingegaan terwyl die ander die pad dopgehou het vir enige beweging.

Daar word bespiegel dat Williams die vermeende rowers betrap het toe hulle sy huis binnegekom het.

Die bloed in die huis vertel hoe hy verbete teen die rowers baklei het.

Me. Yvette Luus, Williams se dogter het gesê die familie is nog te emosioneel om met die media te praat.

Sy het gesê Williams is in Midmed Hospitaal opgeneem.

Het jy ’n storie om te deel, dan kontak ons gerus: Telefoon: 013 656 2490 of Epos: info@witbanknews.co.za

of volg ons op sosiale media platforms:  InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button