Local newsNews

Kom bie en help Immergroen met fondse

Hierdie prettige fondsinsameling word beplan vir 7 November om 18:00.

Die plaaslike afslaers, De La Route Auctioneers hou binnekort ’n veiling ten bate van SAVF Immergroen Tehuis vir Bejaardes.

Hierdie prettige fondsinsameling word beplan vir 7 November om 18:00.

Die publiek word gevra vir skenkings wat opgeveil kan word.

“Enige artikels, maak nie saak hoe groot of klein nie. Nou is die geleentheid om ontslae te raak van die goedjies wat jy nie meer gebruik nie. Of dit nou ’n teelepel, boeke, gordyne, klere, linne, juwele, skottelgoed, ornamente, meubels, gereedskap, grassnyers of waaiers is, enige iets is welkom,” het me. Babsie Wentzel van Immergroen gesê.

Babsie kan geskakel word vir meer inligting: 084 240 3629.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button