Die strate was pienk geverf met die jaar se Pink Walk

Die dames het behoorlik bymekaar gekom ter ondersteuning van borskankerbewusmaking.

“Spanwerk maak die plan werk,” sê Retha van Greunen, stigter van die Bettie Bandana nie-winsgewende kanker organisasie.

Die dames het behoorlik bymekaar gekom ter ondersteuning van borskankerbewusmaking.

Monica Joao en Retha van Greunen.

Daar was selfs ook ʼn paar hane onder die henne wat saam gaan stap het, sommiges in vrolike uitrustings en ander met pienk materiaal om die skouers soos super helde.

Elani Engelbrecht, Retha van Greunen en Charlize Jansen van Rensburg.
Janie Harmse en Gail Basson

Almal het gereed gelyk om die pad te stap in ʼn ware pienk modeparade.

Jenine de Villiers, Chris de Villiers, Retha van Greunen en Maggie Kriek.

Daar was ook ʼn winkel in die kompleks by Ben Fleur Boulevard wat hul deure oopgestel het waar gratis bors-ondersoeke aangebied was.

Stephina Mthethwa en haar seun Mzwandile Mthethwa.

“Vir vandag wil ons vir ons borge soos Legacy, Volkswagen, Monica Joao, Laerskool Kragbron en Glencore vir die medaljes baie dankie sê en ook my eie gesin en almal wat uitgekom het vandag,” het Retha gesê.

Sifinia Mtethwa het saam haar seun Mzwandile Mtethwa opgedaag vir die Pienk Stap.

Sifinia was in 2018 gediagnoseer met borskanker en het deur chemo en radiasie gegaan.

“Ek is nou in remissie,” het Sifinia met trots gesê. “Ek dink die byeenkoms is fantasties en wat dié mense doen om bewusmaking te bring, is uitstekend!” Sy sê die mammogram en self-ondersoek is baie belangrik vir dames om te doen.“Ek het my eie selfondersoek gedoen en iets gevoel wat daar nie hoort nie, dit is hoe ek besef het ek het borskanker.”

Haar seun Mzwandile sê dat die belangrikste aspek as iemand deur kanker gaan is familie en kerk. “Familie ondersteuning en stabiliteit is baie belangrik. Niemand moet voel dat hulle alleen deur so diagnose moet gaan nie.” Sifinia sê dat om hulp te gaan soek belangrik is en dat jy nie alleen moet sukkel nie.

Girla Gaxaparsad en Shakilla Anirudh het ook opgedaag vir die Pienk Stap aangesien Girla haar man twee jaar tevore aan kanker verloor het. “Wanneer ookal daar so byeenkoms gehou word, is ons daar.”

Die Bettie Bandana organisasie hou weer op November 26  ʼn Bongi Bandana dag wat vir die mans gehou gaan word.

 

Girla Gayaparsad en Shakilla Anirudh.

Deel jou nuusbrokkies met ons per Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Exit mobile version