Local newsNews

Meisies krieket begin met hulle eerste wedstryde

Meisies geniet vriendskaplike krieketwedstryd.

Die sonnetjie wat moedswillig op die rûe brand, het die meisies krieketspelers nie gekniehalter om hul beste op die krieketveld te gee nie.

Megan Cawood.

Die amptelike laerskole meisies krieketwedstryde het by Klipfontein Laerskool afgeslaan, waar hulle teen die span van Laerskool Taalfees te staan gekom het op 19 Oktober.

Die wedstryd is vriendskaplik gespeel. Die organiseerder, Raymond Kramm het gesȇ; “Klipfontein het gewen, maar dit is nie vir ons belangrik nie. Die doel was dat die meisies dit geniet.”

Die volgende wedstryde vind plaas op 26 Oktober om 14:00 en dan weer op 2 November.

Back to top button