Local newsNews

Gewapende mans soek kluis in huis, bind vrou vas

Die voorval het in Uitbreiding 10 plaasgevind.

In ’n  rooftog vanoggend om 10:00 is ’n vrou uit haar bed gehaal deur gewapende mans.

Sy was alleen in haar kinders se huis in Uitbreiding 10. Haar kinders was nie op daardie stadium tuis nie.

Volgens die slagoffer was daar aanvanklik twee mans,“dit was eers net twee en toe later toe kom die ander, hulle wou by die bure se huis langsaan inkom,” het sy duidelik geskok op die toneel gesê.

Die mans het haar glo deur die huis geneem op soek na ’n kluis. Dit was duidelik dat sy hardhandig hanteer is met groot bloukolle duidelik sigbaar op haar arms.

Die verdagtes het die vrou glo vasgebind. Sy het na die voorval by haar buurvrou skuiling gaan soek.

Dit is nog nie duidelik of die verdagtes enigiets gebuit het nie.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button