Local newsNews

Witbank DBV maak dat tekkies en pootjies klap vir liefdadigheid

Die DBV verwelkom tans enige donasies, al is dit in die vorm van kos vir honde en katte asook kombersies en fondse.

Die Witbank Dierebeskermingsvereniging (DBV) het die naweek ʼn ‘hound walk’ gehou waar lede van die publiek uitgenooi was om saam met hul honde lekker te kom stap.

Hendriët Prinsloo en haar skaaphond Tess, Iris Kotze en Diego.

Die dag was gemik om meer mense betrokke te kry by die goeie werk wat die DBV doen in die gemeenskap vir die hawelose diere.

Op ʼn lekker warm Saterdag-oggend wat 24 September plaasgevind het, het diereliefhebbers saam hul diere-kinders bymekaar gekom by Plot 41, Margarethastraat in Hoëveldpark.

Die DBV het ook die gemeenskap uitgenooi na hulle perseel toe waar hulle vyf-in-een asook hondsdolheid entstowwe aangebied het.

Die hondsdolheid entstowwe was gratis vir die publiek aangebied omdat hondsdolheid tans in Suid-Afrika baie vinnig besig is om te styg.

Die DBV verwelkom tans enige donasies, al is dit in die vorm van kos vir honde en katte asook kombersies en fondse.

Monika Böhwer en Kabous, Annette Kotzé en Molly.

Die publiek word aangemoedig om graag ʼn bietjie van hulle tyd op te offer vir die diere en as vrywilligers aan te sluit.

Charlene Barnes en Elizabeth Oberholzer.

Vir enige navrae, skakel gerus vir Carike Roux by 082 724 0909 of tydens kantoorure 013 650 2321.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

Back to top button