KidsLocal newsNewsSport

Kragbron se ‘krieke’ staan terug vir geen paaltjie nie

Alhoewel al die spelers hulle beste gegee het, kan daar ongelukkig net een wenner wees.

Laerskool Kragbron en Laerskool Panorama se o.9 ‘krieke’ het die eerste week van September mekaar op die veld raak ge‘spring’.

Nkosana Mabena van Laerskool Panorama.

Die wedstryd tussen die twee spanne het plaasgevind op 7 September, met die krieketspanne se energie so helder soos die sonskyn op die dag.

JT Fouché van Laerskool Panorama.

Alhoewel al die spelers hulle beste gegee het, kan daar ongelukkig net een wenner wees.

Laerskool Kragbron het die wedstryd met ses paaltjies gewen, en die span het saam gegroepeer met helms en kolwe in die lug om die wen te vier.

Joshua Ackerman van Laerskool Kragbron.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button