Local newsNews

Krielparkers reg vir kampioenskappe

Die vis in Bloemhofdam moet in hul pasoppens wees, die hengelaars van Laerskool Krielpark is op pad.

Laerskool Krielpark se vier dorings en een roos is slaggereed om te wys hoe word daar gehengel.

Janru Nel, Laurenso Nel, Nico Potgieter, Morné Snyman en Marizete van der Westhuizen gaan die skool verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe wat in Oktober in Bloemhof plaasvind.

Verlede jaar het die skool se hengelspan algeheel vyfde onder die laerskole geëindig.

Bloemhofdam is ’n hengelaar se paradys. Die dam is geleë op die grens van die Vrystaat en Noordwes provinsies.

Laurenso Nel.
Morné Snyman.
Nico Potgieter.
Marizette van der Westhuizen.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button