AP Kerk gaan groot met Genadefees
‘Klere op ’n hanger’, musieknote en lekker kosse is maar net ’n handjievol van die dag se pret.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/105/2022/09/JD144-1-Copy-780x470.jpeg)
Die Afrikaanse Protestantse Kerk het die eerste week van lente gevier met ’n Genadefees.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/105/2022/09/JD144-2-Copy-520x390.jpeg)
Die geselligheid op 3 September was vol musieknote, gelag en tafels vol tuisgebakte koekies en beskuit.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/105/2022/09/JD144-3-Copy-520x390.jpeg)
Die kerksaal was volgepak met lekker kosse, onder andere pannekoek, potjiekos, jaffels, pap en kaiings en kerrie-en-rys.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/105/2022/09/JD144-4-Copy-520x390.jpeg)
Behalwe vir dit, was daar ook ‘klere op ’n hanger’ wat te koop was.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/105/2022/09/JD144-5-Copy-520x390.jpeg)
Vir die boekwurms was dit ook definitief die plek om te wees met ’n hele stalletjie vol tweedehandse boeke wat gewag het vir hulle nuwe eienaars.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/105/2022/09/JD144-6-Copy-520x390.jpeg)
Buite die saal was lekker vars jaffels gemaak en kinders het met groot glimlagte op die gras gespeel.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/105/2022/09/JD144-7-Copy-520x390.jpeg)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/105/2022/09/JD144-8-Copy-520x390.jpeg)
Die fees was ʼn gesellige groot sukses en is perfek saamgevat in die woorde van die ‘DJ’ vir die dag, Kobus Retief: “Ek geniet die samesyn wat elke jaar hier is. Die fees is verskriklik lekker.”
Deel jou nuusbrokkies met ons
Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms
Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking