Local newsNewsUpdate

Polisie soek nog steeds na ooggetuies na staatsaanklaer se ongeluk

As jy die ongeluk op die R555 gesien gebeur het op 23 Julie, moet jy asseblief met adjudant offisier Susan Langeveldt van Witbank Polisie in aanraking kom. Sy kan gebel word op 013 655 5102.

Witbank Polisie vra vir enige persoon wat die ongeluk gesien gebeur het waarin die staatsaanklaer, mnr. Alf Grobler dood is, om hulle te kontak.

Die ongeluk op die R555 wat op Saterdag, 23 Julie gebeur het, het weer die vergrootglas op die besige pad geplaas.

Dié ongeluk het skuins na 19:30 tussen die drierigtingstopstraat by Secondstraat en die drierigtingstopstraat by die Jackaroopark-ingang tussen die twee draaie gebeur.

Die bestuurder van die bakkie wat agter Grobler se Mahindra gery het, het gesê hy het niks gesien nie, maar die geluid van die impak is iets wat hy nooit sal vergeet nie.

Dié man, wat verkies om anoniem te bly, het gesê hy het in die linkerbaan gery met Grobler skuins voor hom in die baan net langs hom.

“Ek het ’n harde doef geluid gehoor en gesien hoe die rooi Mahindra wat voor my was, swaai. Daar was skielik nog ’n doef geluid en die Mahindra is met die impak voor my bakkie ingeslinger. Die Mahindra het my getref en met die wat ek uitswaai, het ek oor ’n diep sloot gery en in die veld tot stilstand gekom,” het die man gesê.

Grobler se seun, Christiaan (13) en sy ouers mnr. Alfred en me. Susan Grobler was saam met hom in die kar. Hulle was op pad terug van Presidentsrus af.

Grobler is op die toneel dood en die ander drie was per ambulans na Life Cosmos Hospitaal geneem.

Die bestuurder van die Jeep is op die toneel in hegtenis geneem toe hy glo ongemerk probeer het om van die toneel af te verdwyn.

Daar word beweer dat hy vir die ongeluk verantwoordelik was.

Hy het reeds in die hof verskyn en die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Die wyksraadslid van Wyk 20, waaronder die R555 val, me. Maureen Scheepers het aangedui dat sy reeds besig is met verskeie projekte om die pad te beveilig.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button