’n Plaaswerker op ’n plaas op die Verenapad uit, is in sy hand geskiet toe drie mans na bewering gepoog het om ’n plaasstal te beroof.
Mnr. Jaco Botha, eienaar van die plaas het gesê die voorval het vanoggend gebeur.
“Ek dink die rowers wou ons plaasstal beroof,” het Botha gesê.
Die plaaswerker het weggehardloop toe hy raakgeskiet is.
Daar is geen ander inligting behalwe dat die rowers in ’n wit Toyota Tazz weggejaag het nie.
Dié plaas is so ongeveer 30km uit eMalahleni uit.
Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 of epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking