Local newsNewsUpdate

Ongeluk op R555 eis lewe van bekende staatsaanklaer

ʼn Man is in hegtenis geneem kort nadat die ongeluk gebeur het.

Die ongeluk op die R555 (ou-Middelburgpad) het ʼn tragiese einde gehad.

 

Mnr. Alf Grobler, ’n bekende plaaslike staatsaanklaer is in die ongeluk, wat omstreeks 19:40 gisteraand gebeur het, oorlede.

 

ʼn Man is kort na die ongeluk op die toneel in hegtenis geneem.

 

Daar was drie karre in die ongeluk, wat op die pad tussen die Safari Kafee en Puma garage gebeur het, betrokke.

 

Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

 

Die pad was vir ʼn geruime tyd gesluit en die plaaslike kriminele rekord sentrum was tot laat gisteraand besig met opmetings op die toneel.

 

Lees die volle berig in die volgende uitgawe van WITBANK NUUS.

 

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 
Back to top button