Local newsNews

Hengelaars baljaar onder die vis tydens Winter Bass Skins

Dié hengelkompetisie het op 9 Julie plaasgevind met ywerige hengelaars wat reeds vroeg hulle lyne in die water gehad het

Outdoor Gas & Equipment/ Witbank Rod and Reel Winter Bass Skins 2022 was weer vanjaar ’n wegholsukses.

Ashlin Ramarack het die tweede skin gewen.

Dié hengelkompetisie het op 9 Julie by Maanlig-oord plaasgevind.

Fanie Fourie met die kleinste vissie vir die dag.

Altesaam 37 ywerige hengelaars het ten spyte van die mis reeds vroeg hulle lyne in die water gehad.

Die junior wenner is Ivan Bezuidenhout.

“Met die dam wat toe was met digte mis kon ons nie begin nie en hengelaars is toegelaat om van die kant af te vang,” het Theuns Brecher, een van die organiseerders aan WITBANK NUUS gesê.

Hannes Schoeman het die derde skin gewen

Dus was die eerste skin se visse almal van die kant af gevang met JP Maritz wat almal verbaas het met ‘n swartbaars van 2.405kg.

Jan Pienaar is die wenner van die vierde skin.

Net na 10:00 was almal op die water en het hengel in alle erns begin.

Johan Herbst het die vyfde skin gewen.

So lyk die uitslae van die dag:

 

Skin 1:

JP Maritz 2.405kg

Hendrik Engelbrecht 0.605kg

Ralph Goldstone 0.346kg

 

Skin 2:

Ashlin Ramarack 0.595kg

Fanie Fourie 0.453kg

Reuben Vorster 0.208kg

 

Skin 3:

Hannes Schoeman 1.082kg

Ivan Bezuidenhout 0.702kg

Ralph Goldstone 0.514kg

 

Skin 4:

Jan Pienaar 1.099kg

Johan du Toit 0.873kg

Riley Fourie 0.515kg

 

Skin 5:

Johan Herbst 2.057kg

Mynhardt du Toit 1.210kg

Flip Maritz 0.693

 

JP het weggeloop met die grootste vis vir die dag. Die junior wenner is Ivan en Fanie het met elke skin ’n vis ingeweeg. Hy het ook die kleinste vis vir die dag gevang, enetjie wat maar net 0.118kg geweeg het.

“Dankie aan ons borge wat die kompetisie moontlik gemaak het,” het Theuns afgesluit.

 

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button