Local newsNewsUpdate

‘Fort Knox’ of nie – boewe kry ’n manier

Lubbe familie se tuiste was boewe se toesakplek.

Die video-materiaal wat op sosiale media gesirkuleer het die afgelope naweek het net weereens bewys hoe vinnig en slinks misdadigers in die nag kan wees.

Op 11 Julie het mnr. Hardus Lubbe ’n inskrywing saam ’n video op sosiale media gedeel waarop hy ander inwoners gewaarsku het oor ’n inbraak wat plaasgevind het by sy huis in Die Heuwel.

“Die voorval het al op Woensdag, 6 Julie plaasgevind om 02:30, maar ek kan nog nie lekker uitmaak waarmee die ouens weggekom het nie. Soos jy op die video-materiaal kan sien, is dit in ’n kwessie van drie minute, toe verdwyn hul in die nag,” het Lubbe vertel.

SIEN DIE VIDEO HIER: 

Hy het verder vertel dat die drie verdagtes met rugsakke in sy erf ingekom het wat vermoedelik gereedskap bevat het, om misdaad mee te pleeg.

Alhoewel daar in die verlede verskeie berigte was wat ’n sekere modus operandi beskryf, meen Lubbe dat hy nie ’n spesifieke rede kan uitwys oor hoekom sy huis die teiken was nie.

“My Volkswagen-kombi het onder die afdak gestaan en die Nissan NV 200 paneelwa net agter hom. Hulle wou vermoedelik dalk die voertuie of bande afsteel, mens sal nooit weet nie,” het hy bygelas.

Lubbe het al alles in sy vermoë gedoen om sy sekuriteit op te knap by sy huis en meen hy dat, “as hulle wil inkom, gaan hul slaag.”

“Ons het alarm sekuriteitsensors rondom die huis asook sekuriteitkameras wat gekoppel is aan die sekuriteitsmaatskappy,  maar lyk my in vandag se tyd hou niks hulle meer buite nie. Hulle het ’n manier gekry om die hek van die spoor af te kry en oop te stoot. Nadat daar voorsorg getref is dat die hek nie gelig kan word nie,” het Lubbe gesê.

Boewe en rowers staan deesdae vir niks terug as hul iets soek nie en die gemeenskap moet saamstaan.

“Ek dink ons as inwoners sal moet saamstaan en mekaar moet help. Niks en niemand is meer veilig in vandag se tye nie. Maak kontak met jou bure en mense in jou omgewing, hou kontak en hou jou buurt veilig. Annemarie van Zello en CSC Tactical se diens is puik en was vinnig op die toneel en ek sal hul ewig dankbaar wees,” het Lubbe ten slotte gesê.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 
Back to top button