Local newsNews

Speel ’n potjie gholf om klein Bjorn te help

Bjorn het van geboorte in die hospitaal gebly.

Dis enige moeder se grootste nagmerrie om ’n gekompliseerde geboorte te hê en dit het ’n realiteit vir die plaaslike mamma, me. Jessica de Beer geword twee en ’n half maand gelede.

Dié mamma het op ’n dag begin kontraksies kry wat gemaak het dat beide sy en haar nuutste bondeltjie liefde in gevaar beland het.

“Ek het ‘plasenta previa’ gehad as gevolg van stres en op daardie oomblik het my water gebreek wat gemaak het dat boetie ook in nood beland het. My dokter het dadelik ingespring en ’n nood keiser is gedoen,” het Jessica vertel.

Bjorn het van daar af sy klein lewetjie begin in die Life Cosmos Hospitaal en sterk al meer as 80 dae aan.

“Hy was vir 51 dae geintubeer en intussen deur vier bloedoortappings gewees,” het sy bygelas.

Met die hospitaalkostes asook mediese sorg sukkel beide mamma en pappa, mnr. Christo om kop bo water te hou – hul het nog drie seuntjies.

“Op dié stadium doen ons enige iets vir insamelings soos die gholfdag wat ons wil loots. Ons sal dit so waardeer as ons gemeenskap ons kan ondersteun vir dié doel. Ons kort 36 borge vir die gaatjies asook 100 spelers,” het sy gesê.

Die gesin se grootste droom is om hul klein Bjorn by die huis te hê.

“Van dag een af baklei hy al om in die lewe te kom en dis ons voorreg om hom te kan grootmaak, sodat hy eendag kan getuig oor hoe groot God is en hoe God hom gestuur het vir ʼn rede! Hy moet huis toe kom en ʼn kindjie wees, groot word en buite kan speel en God aan sy sy hê! Verder kan ons net bid dat God ons seuns sal veilig hou en bewaar,” het sy in trane bygelas.

*Vir meer inligting kan Jessica de Beer se suster, Michelle gekontak word by 068 487 7980.

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button