Local newsNews

Mpumalanga Jeugkoor se sakke is byna gepak, maar hulle kort hulp

Die Mpumalanga Jeugkoor is gereed om ander provinsies weg te waai, al wat hulle nodig het id jou ondersteuning

Die Mpumalanga Jeugkoor gaan met groot trots hul nuwe sakke pak vir hul toer wat binnekort begin.

Die koor is dankbaar vir die mooi sakke wat hulle as geskenk ontvang het van Buco (streek).

Die sakke is Maandag, 4 Julie by die Buco Nelspruit-tak in ontvangs geneem.

“Dit gaan finansieel moeilik met die koor en ons is opreg dankbaar vir elke borgskap. Baie dankie aan Buco wat die pragtige sakke vir ons geborg het,” het me. Jeanne Lourens, koor-organiseerder gesê.

Die koor, bestaande uit 50 lede, vanuit die hele Mpumalanga, woon van 18 tot 20 Julie ’n koor-werkswinkel in die Drakensberge by.

Slegs ’n handjievol kore is genooi om dié geleentheid mee te maak.

Op 21 Augustus tree die koor ook op by die ‘Choral Celebration Festival Series 2022’ in Pretoria.

“Ongelukkig kan al die lede nie die kostes bybring nie en daarom vra ons die gemeenskap vir hulp. Ons kort nog fondse om die akkommodasie en etes te betaal vir beide geleenthede,” het Jeanne gesê.

As daar enige besighede of individue is wat die koor kan help met fondse om kostes te dek sodat al die lede die geleenthede kan bywoon, kan u skakel met Jeanne: 082 894 9577 of André Oosthuizen (dirigent): 063 797 9015.

Share your news tips via:

Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: info@witbanknews.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms:

InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button