Jy kan dié motorskou nie mis nie

Die klank in dié karre gaan kilometers ver gehoor word.

Solidariteit Helpende Hand bied binnekort ’n motor- en klankskou aan.

Dié dag wat groot pret inhou word op 30 Julie tussen 08:00 en 15:00 by die Hoër Tegniese Skool gehou.

LEES MEER:

Swartgoud Fees laat harte warm klop

Vir diegene wat van motors van ouds hou, sal daar veteraanmotors wees om jou terug te neem na die ou dae gevul met herinneringe.

Vir die jonger garde is daar nuwe tegnologie om na te kyk.

Die klank wat sommige van die motorklank-entoesiaste se karre uitstoot, sal jou asem wegslaan.

LEES MEER:

The Classic Car Show at Nasrec Expo Centre

Die verskeidenheid van stalletjies en uitstallings gaan iets hê wat in almal se smaak val.

Vir kinders sal daar kindersorg en vermaak wees om hulle besig te hou.

Toegang is R10 per persoon en veilige parkering is beskikbaar teen R10 per kar.

LEES MEER:

Father’s day car show

As jy graag deel van die klankskou wil wees, kontak gerus vir Roedolf Esterhuizen: 082 300 3637 of Jackie Potgieter: 076 469 3724.

Dié klankskou is ten bate van Solidariteit Helpende Hand.

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Exit mobile version