Local newsNews

Jackaroopark huisbrand – familie verloor alles

Daar word uitgereik na die gemeenskap om die familie te help nadat al hulle besittings gisteraand in ’n brand verwoes is.

Die huis wat gisteraand in Jackaroopark afgebrand het, het weer later die aand vlam gevat. Die vlamme is gou deur bure geblus.

Die oorsaak van die huisbrand in Hazelstraat is nog steeds onbekend.

Die swartgebrande oorblyfsels vertel van wat gisteraand in die stil buurt afgespeel het.

SIEN DIE VIDEO HIER: Mnr Magesh Padayachee was eerste op toneel by die brandende huis in Hazelstraat. Hy vertel sy weergawe van wat gebeur het. 

Dié huis is Dinsdag, 7 Junie in die familie se naam geregistreer en hulle het opgewonde uitgesien na die nuwe hoofstuk in hul eie huis. Die drome is egter nou in skerwe.

“Die kinders het alles verloor,” het mnr. Jan van Zyl, ’n familielid gesê.

Me. Dominique Morgan het ’n inskrywing op Facebook gemaak en gesê haar hart is gebreek toe sy magteloos moes staan en toekyk hoe hulle droom tot op die grond afbrand.

“Ek en my man is glad nie deur die maklikste lewe vandat ons saam is 10 jaar terug, toe ons maar net 18 en 16 jaar oud was nie. Ons het hard gewerk om te kom tot hier, laat aande, baie opofferings, studies, ons jong lewe opgeoffer om te kom tot hier ‒ ons het nog nie eens ons bottel champagne gedrink op ons nuwe huis nie,” het sy haar hart uitgestort.

LEES MEER:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/90727/house-burns-no-sight-emalahlenis-fire-brigade/

Dominique is ses maande swanger en hul seuntjie word die naweek een jaar oud. Die paartjie het ook twee ouer dogtertjies.

Pastoor Deon Scheepers van Oasis Kerk het gesê dat enige skenkings by die kerk op die hoek van Olifant- en Buffelstraat afgelaai kan word.

LEES MEER:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/115964/family-awoke-house-burning/

Die familie benodig beddegoed, kos, babaklere en baba-benodighede, klere vir die eenjarige seuntjie en klere vir die twee dogtertjies van vyf tot ses jaar en ses tot sewe jaar.

Dominique dra ’n 32 grootte broek en medium hemp en Wimpie Potgieter dra ’n 34 grootte broek en hemp.

As jy wil bydra, kan jy gerus vir Pastoor Scheepers bel: 083 701 1737 of vir Christelle Oberholzer: 065 171 3080.

LEES MEER:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/192787/home-burnt-down-in-verena-a-call-for-help/

 

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Check Also
Close
Back to top button