Local newsNews

Skuts se korrel was in by Laerskool Balmoral se skietdag

Dit was een kolskoot na die ander tydens Laerskool Balmoral se jaarlikse fondsinsameling-skietdag.

Laerskool Balmoral se jaarlikse fondsinsameling-skietdag het onlangs plaasgevind.

Skuts van heinde en verre het in die sportskiet en jagter-afdelings deelgeneem tydens die dag op 28 Mei by die Dwanzani Firearm Training Centre in Balmoral.

Laerskool Balmoral bedank al die skuts vir hul deelname en Dwanzani vir die gebruik van hul fasiliteite.

Me. Suné van Aswegen oorhandig Hansie van Niekerk se tweede plek prys aan hom.
Russel Fourie het tweede in sy afdeling geëindig. Hy ontvang sy prys van me. Suné van Aswegen, skoolhoof.
Jacques Kriek het ’n eerste plek is sy afdeling losgeskiet. Hy ontvang sy prys van me. Suné van Aswegen, skoolhoof.
Jason Marais ontvang sy prys van me. Suné van Aswegen vir die derde plek in sy afdeling.

 
Back to top button