Hilux-dief steel meer as voertuig in Del Judor – eienaar soek nog steeds

’n Bakkie met meer as net jou gewone sentimentele waarde is vroeër die maand gesteel. Die eienaar reik uit na die gemeenskap om te help om die bakkie op te spoor.

Kardiefstal ontneem Stephen von Benecke van meer as net sy ryding.

Stephen beweer dat sy Toyota Hilux op 3 Junie ongeveer 03:30 gesteel is in Del Judor, en het reeds ’n saak oopgemaak by Witbank Polisie Stasie.

Hy beweer dat daar geen verdagte omstandighede was voor die insident nie, en dat talle koop pogings vir sy voertuig ’n gereelde en normale gebeurtenis is.

LEES MEER

Vrou deur hond aangeval terwyl sy in straat in Del Judor loop

Vrou deur hond aangeval terwyl sy in straat in Del Judor loop

Vir ander mag dit miskien net ’n “bakkie” wees, maar vir Stephen dra dit sentimentele waarde.

Stephen vertel dat die Hilux oorspronklik nuut gekoop is deur sy skoonpa by wie hy dit op sy beurt oorgekoop het, en dat dit so ’n spesiale plek het vir hom dat hy tot sy skoonpa se petrolstrokies van 1988 in die bakkie gebêre het.

Beskrywing van die voertuig: ’n Wit 1988 Toyota Hilux 1800, met ’n kolom ratwisseling en registrasie nommer BHS 064 MP.

Die Hilux het ook meer unieke kenmerke, naamlik dat dit herspuit is, en het ʼn skraapmerk oor die brandstofdop wat nie kan sluit nie.

LEES MEER

Toyota Hilux stolen in Del Judor

Toyota Hilux stolen in Del Judor

Kontak Stephen op 084 555 5550 met enige inligting wat van hulp kan wees.

Die gemeenskap moet bewus bly van motordiefstal gevaar, en hul oë oophou vir potensiële insidente, want een ding is vir seker – diewe heg geen waarde aan sentiment nie.

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Exit mobile version