Local newsNews

‘Reported’ en ons wag

Daar is slaggate so groot soos Kimberley se Gat, oerwoude langs die pad en vullis wat die wêreld vol lê.

As ek weer die woord ‘reported’ hoor, spring ek ’n bak ‘popcorn’ in my alie. As eMalahleni ’n woord van die jaar moet aandui, is dit beslis daardie woord.

‘Reported’ verduidelik nie vir my hoekom my krag meer as vyf ure lank af is nie.

‘Reported’ verduidelik ook nie vir my hoekom ek na twee weke nog nie water het nie.

‘Reported’ verduidelik ook geensins vir my hoekom die slaggate in my straat nog nie reggemaak is nie en hoekom die straatligte helder oordag brand nie.

Nou laat ek bietjie die woord ‘reported’ in konteks gebruik.

Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit, julle skuld Eskom R5 biljoen en dan brand julle straatligte helder oordag!

Julle blameer alles op distribusie verliese, maar die inwoners kan maar vir julle die waterlekke uitwys en dan vat dit dae, in sommige gevalle jare alvorens die lek reggemaak word.

Daar is slaggate so groot soos Kimberley se Gat, oerwoude langs die pad en vullis wat die wêreld vol lê.

So sit ek en die Engelsman, hy met ’n whiskey en ‘eish’ en ek met ’n sag-op-die-palet rooietjie, want ons het nie water vir koffie nie en gesels in die donker, want die krag is af.

Ons besluit om regtig hard te probeer om niks negatiefs van die mislikepaliteit te sê nie.

Ons koukus, en herdink en koukus weer. Die ‘eish’ het al gesmelt en al wat oor is van die sag-op-die-palet rooietjie is die ‘voetspoortjie’ op die tafel.

‘Reported’ en ons wag nog in spanning op ’n verduidelikende antwoord…


Share your news tips via:

Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: info@witbanknews.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms:

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button