Spoggerige karre het beslis die koppe laat draai

Baie van die uitstallers was deel van die plaaslike klassieke motorgroep

Talle motorgeesdriftiges is die naweek gelok na die klassieke motor-uitstalling by die Del Judor winkelsentrum.

Verskeie eienaars het hul pragstukke Saterdag, 28 Mei tentoongestel en graag vertel hoe, waar en wanneer hulle die karre bekom het.

Daar was ou karre, soos Danie Pretorius se 1947 Hudson tot meer “moderne” karre, soos Jannie Brits se 1982 Chevrolet Corvette en elkeen hou sy eie bekoring in.

Baie van die uitstallers was deel van die plaaslike klassieke motorgroep, maar daar was ook heelwat uitstallers uit ander dorpe en stede.

Een van die organiseerders, BP Horak het vertel dat die dag meerdoelig was.

“Behalwe dat die eienaars ’n geleentheid gehad het om met hul karre te spog, was dit ook om die sentrum te bemark en om skenkings vir die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) in te samel.”

Om uit te stal moes elkeen van die deelnemers ’n skenking vir die DBV bring. Elke besigheid in die sentrum het ook ’n prys gegee wat tydens die dag met gelukstrekkings gewen kon word deur die uitstallers.

Whitey Zwart van die plaaslike klassieke motorgroep het gesê dat hulle meer sulke geleenthede beplan waarvan die volgende een op 18 Junie by die Ben Fleur Boulevard gehou gaan word.

As daar eienaars van klassieke karre is wat wil uitstal of by die plaaslike groep wil inskakel, is hulle welkom om vir Whitey te bel: 082 459 9030.

Lees meer:

The Classic Car Show at Nasrec Expo Centre
Father’s day car show
Super car showdown

Share your news tips via:

Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: info@witbanknews.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms:

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version