Vrou deur hond aangeval terwyl sy in straat in Del Judor loop

Die Amerikaanse Pitbul het volgens die eienaar nog nooit enige tekens van aggressie gewys nie.

Die bekende randsteen-verwer me. Jeanne Human het ernstige beserings aan haar linkerbeen opgedoen toe sy gister deur ’n hond aangeval is.

Human het Dinsdag 24 Mei in Mollystraat in Del Judor gestap toe die hond haar gebyt het en toe na bewering die hond aan die oorkant van die straat ook aangeval het.

“Ek het dit glad nie verwag nie. Die hond het by die hek uitgeglip nadat die eienaar in haar motorrit ingetrek het en die hek nog nie behoorlik toe was nie,” het Human vertel.

Sy het gesê alles het so blitsvinnig gebeur dat sy nie besef het dat die bytwonde ernstig van aard was nie.

“Ek weet die hond het my gebyt en ek was dadelik bekommerd toe ek sien hoe die hond ’n ander hond oorkant die straat deur die palissade trek en byt. Eers ’n entjie verder het ek besef my skoen is vol bloed.”

’n Ander inwoner van die straat het die ambulans gebel toe hy sien hoe Human se been lyk

Sy is na Emalahleni Private Hospital (ePH) geneem waar die bytwonde skoongemaak is.

“Dokters kon nie steke insit nie omdat daar geen vel oor is nie. Ek moet nou een keer ’n week teruggaan ePH toe vir wondsorg”

Die eienaar van die Amerikaanse veghond het al Human se mediese kostes gister betaal, ook kos gekoop en voorafbetaalde krag vir Human opgesit.

Die saak word nou verder deur die eienaar se versekering hanteer.

Die eienaar het gesê die hond is nege jaar oud en het nog nooit enige tekens van aggressie gewys nie.

Die hond is intussen van die perseel verwyder.

LEES MEER

Teenagers ambushed into a dog fight

Dog-bite drama at day-care

Man skins dog for new carpet

Deel jou nuusbrokkies met ons 

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 of Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

Exit mobile version