Helpende Hand gaan bitterlik koud kry en het ’n kombers of twee Donderdagaand nodig

Firmlinx is genomineer om Solidariteit Helpende Hand te help komberse insamel. Jy kan jou komberse by hulle gaan aflaai. Jy staan ook ’n kans om 'n 4TB Transcend eksterne hardeskyf te wen wanneer jy ’n kombers by Firmlinx aflewer.

Helpende Hand, in samewerking met verskeie ander rolspelers, gaan bibber en beef vir komberse.

Dié instansie gaan op 26 Mei die snerpende koue aandurf en net met hul somersklere vanaf 17:00 tot 22:00 buite in die parkeerarea by die Reynorif-sentrum sit.

“Ons het julle nodig om ons warm te kom hou,” het me. Sonja le Roux, voorsitter van die tak gesê.

Die publiek word uitgenooi om komberse te skenk, wat weer aan iemand wat dit nodig het geskenk gaan word.

Firmlinx is genomineer om Solidariteit Helpende Hand te help komberse insamel.

“Ons doen die uitdaging met ’n kinkel. Ons nomineer alle besighede en individue in die omgewing om ’n bydrae te lewer en betrokke te raak by die instansie,” het mnr. Rudi Grundlingh, eienaar van Firmlinx gesê.

Jy staan ’n kans om ‘n 4TB Transcend eksterne hardeskyf te wen wanneer jy ’n kombers by Firmlinx aflewer. Skryf jou besonderhede op by Firmlinx ontvangs.

Skakel Sonja by 082 894 7950 vir meer inligting.

LEES MEER OOR HELPENDE HAND

Helpende Hand wat die vrye evangelie versprei

Kom hou Helpende Hand warm vir ’n goeie doel

Kom hou ons warm in die snerpende koue

Exit mobile version