Local newsNews

As jou visier in is, moet jy die naweek op Balmoral gaan skiet

Jou korrel moet in wees om die groot pryse dié naweek ‘raak te skiet’.

Die skote gaan die naweek klap tydens ʼn skietkompetisie wat op Dwandzani Firearm Training Centre gaan plaasvind.

Die kompetisie vind op Saterdag, 28 Mei plaas.

Daar gaan twee verskillende kompetisies aangebied word, ’n sportskiet- en jagter-uitdaging.

In die sportskiet-uitdaging gaan daar ’n 500m gong-uitdaging met minimale beperkings wees.

In die jagter-uitdaging gaan net gewone jaggewere met basiese beperkings op ‘scope’ vergrotings toegelaat word. Daar sal ’n 50m tot ’n 150m afstande op ʼn teiken wees.

Registrasie begin vanaf 07:00 en die kompetisie begin om 08:00.

Vooraf beskrywings sal by Laerskool Balmoral beskikbaar wees.

Groot pryse is op die spel en daar sal ook ʼn gelukkige trekking plaasvind.

Inskrywingsfooie is R300 per persoon per kompetisie.

Kontak Laerskool Balmoral by 013 680 1081 tussen 08:00 en 13:00 vir meer inligting.

WhatsApp navrae kan gedoen word by 079 218 8749 of 083 234 2303.

Deel jou nuusbrokkies met ons 

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 of Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 
Back to top button