Seekoeie hap natuurbewaring se boot nadat daar gepoog is om hulle te vang

Die twee seekoeie wat in April hul opwagting in ’n dam in eMalahleni gemaak het, het besluit om nie saam met natuurbewaring te speel nie en het hulle boot stukkend gebyt.

Daar was omtrent sports op die dam waar die twee seekoeie wat vanaf Middelburg na eMalahleni verhuis het, hulle nou bevind.

Natuurbewaring het op 17 Mei probeer om die seekoeie wat nou Jumbo en Jakkie gedoop is, te vang en skuif na ‘veiliger waters’ toe.

“Die seekoeie het eers gedink dis ’n speletjie en het geduik, dan weer oë gewys en weer geduik. Die bul het moeg geraak vir die geel gevaarte wat hulle rus kom versteur en het natuurbewaring se boot eers gestamp. Die volgende oomblik toe sink daardie gevaarlike seekoeitande in die boot in,” het mnr. Piet Wassenaar vertel.

SIEN DIE VIDEO HIER:

’n Seekoeibul was nie meer lus om saam te speel nie en het natuurbewaring se boot gehap.

Piet hou al ’n geruime tyd ’n oog op die seekoeie vandat hulle op 13 April op mnr. Jumbo van der Merwe se plaas aangekom het.

Nadat hulle uitgekuier was, het die twee ongeveer 7km verder gestap en die nuwe tuiste vir hulself toegeëien.

SIEN DIE VIDEO HIER

So lyk natuurbewaring se boot nadat seekoeibul dit gaffel.

LEES MEER OOR JUMBO EN JAKKIE

Twee wandelende seekoeie gevind

Middelburg se seekoeie het in eMalahleni kom kuier

Krokodille by seekoeie gewaar

Dié seekoeie hou ’n gevaar in vir die gemeenskap wat op die oewer van die dam bly, asook vir motoriste omdat die Verenapad reg langs die dam verbyloop.

Piet het gesê daar word nou gekyk na ’n alternatief om die seekoeie so gou as moontlik te verskuif.

Piet het ’n permit van die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap om probleemdiere te verwyder.

LEES MEER

Third croc caught in Zaaihoek and Leeuwpoort area

Five snakes caught on one day in eMalahleni

Piet Wassenaar ken van slange hanteer

Piet vang nog Rinkhalse

 

 

Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of  Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Exit mobile version