Kraggies se groot fees is om die draai en dit is een fees wat jy nie moet misloop nie

Onnies is hard aan die oefen by Laerskool Kragbron om die wêreldrekord vir vinnigste Coke drink rekord te breek.

Volgende Vrydag gaan groot pret wees by Laerskool Kragbron.

Na weke se beplanning vind dié skool se fees uiteindelik op 27 Mei  plaas.

SIEN DIE VIDEO HIER | Laerskool Kragbron nooi jou uit om ’n wêreldrekord aan te durf.

Dit is nie net enige fees nie. Daar is ’n spyskaart propvol interessanthede wat gaan plaasvind.

Gerugte doen die rondte van ’n groot stoeigeveg wat gaan plaasvind., maar niemand uiter ’n woord daaroor nie.

“Ons is op soek na die Worsbraai-koning,” is al wat mnr. Gerhard Smit, hoof van Laerskool Kragbron gesê het.

Kraggies hou fees en hulle is opsoek na die Worsbraai-koning

Worsbraai bly nou maar lekker. Die wors wat jy braai moet ook net van die beste wees.

Mnr. André Mulder, ook van die laerskool het op WITBANK NUUS se webtuiste ’n paar worsmaak-geheime gedeel.

Dié skool is op soek na die vinnigste kaskar.

Is jou kaskar reg vir Kraggies se fees?

 

Wat is ’n fees nou sonder ’n kleur-oorlog, fliekaand, vlaggie ‘drop’, massa-akrobate, tombola en potjies wat se geure tot die feestelikheid bydra.

As jy meer inligting wil hê, kan jy vir me. Jhay Botha skakel by 083 655 1211.

HET JY ’N STORIE OM TE DEEL?

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons op die sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

Exit mobile version