Bekende foto-man van eMalahleni oorlede

Oom Pat sal altyd onthou word vir die troufoto’s wat hy geneem het.

Die baie bekende plaaslike fotograaf en besigheidsman, mnr. Pat Raubenheimer het gesterf.

Oom Pat soos hy alombekend gestaan het, is op Dinsdag, 17 Mei omstreeks 08:30 dood aan hart komplikasies.

Voor sy aftrede in 1997 was hy die hoof landopmeter by Greenside Colliery.

Hy was in 1937 in Zimbabwe gebore.

Oom Pat het honderde troufoto’s geneem en hy het twee fotoraam winkels by Saveways Sentrum gehad.

“Oom Pat se heengaan los ’n baie groot leemte in ons stad. Ons gaan Oom Pat mis. Rus sag Oom Pat,” was die boodskap van sy familie af.

Oom Pat word vanmiddag in Middelburg te ruste gelê.

Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of  Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version