Ga-Nala se afgestorwenes rus in skoon omgewing

Ga-Nala begraafplaas lyk splinternuut.

Die winter het aan die deur geklop, en voordat die droë gras aan die brand gesteek word het die plaaslike munisipaliteit die begraafplaas in Ga-Nala ’n mooi skoonmaak gegee.

“Die munisipaliteit het sonder huiwering ingespring en die begraafplaas net buite Ga-Nala ordentlik skoongemaak. Nou kan niemand kla tot na die winter nie,” het mnr. Dirk Grobler, proporsionele verteenwoordigende raadslid van dié Hoëveldse dorp gesê.

Net nadat WITBANK NUUS aan die begin van April berig gedoen het oor die toestand van die begraafplase in die munisipale gebied, het die burgemeester van die munisipaliteit, raadslid Conny Nkalitshana opdrag gegee dat alle begraafplase dadelik skoongemaak moet word.

Daar is ingespring en binne net ’n paar dae is die begraafplase weer spiekeries gemaak.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Exit mobile version