Ons Spreekkamer gaan van krag tot krag

Ons Spreekkamer groei daagliks en meer en meer dokters kom aan boord.

Vyf jaar gelede het ’n droom vlamgevat – Ons Spreekkamer, ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand, is begin.

In #ons jaar, vier hul ’n halwe dekade van Ons Spreekkamer Witbank.

Daar is baie uitdagings deurgetrap en ook baie ondersteuning gebied, in een van die grootste krisistye wat eMalahleni nog beleef het.

Chris-Mari du Preez (Ons Spreekkamer-koördineerder) saam met dr. Du Toit van Rooyen.

Ons Spreekkamer het sy oorsprong gekry toe Highveld Steel finaal hul deure gesluit het en soveel mense in elke aspek hierdeur geraak is.

Vandag kan elkeen wat deel hierin het, terugkyk op ’n uitmuntende vyf jaar waarin daar vir bejaardes basiese mediese sorg gebied is en kinders se pynverligting aangespreek is deur middel van tandekstraksies.

Ons Spreekkamer verwelkom graag vir spraakterapeut, Nadia Duvenhage.

Daar is groot dankbaarheid teenoor elke rolspeler en elke persoon wat bygedra het tot die sukses van Ons Spreekkamer die afgelope vyf jaar; waarin daar 1 546 pasiënte gehelp kon word (447 mans, 775 vrouens en 324 kinders).

“Baie dankie aan elke dokter wat ten spyte van hul eie verpligtinge steeds daagliks vir Ons Spreekkamer ’n fantastiese diens lewer. Dankie vir elkeen se deelwees en onbaatsugtige gee vir dié wie dit so nodig het. Julle #SkepHoop, dra by tot armoedeverligting en gee weer moed daar waar dit ontbreek,” het Chris-Mari du Preez, Ons Spreekkamer-koördineerder gesê.

Die dokters hierby betrokke is: Drs Christiaan Spoelstra, Liesel Pieterse, Tracy  Holland, Werner Fourie, Chryssie-Anne Roberts, Raymond Adendorff, Du Toit van Rooyen, Wilhelmina Vonck en Kevin Staunton.

Ook groot dank and die tandarts, dr. Juan Steyn en die twee oogartse, drs. Carel en Hanlie Potgieter.

Daar is ook ’n nuwe spraakterapeut in eMalahleni, Nadia Duvenhage en die span is dankbaar om haar ook te kan verwelkom as een van die dokters op die paneel beskikbaar vir Ons Spreekkamer-pasiënte.

Vir meer inligting oor Ons Spreekkamer, besoek gerus Solidariteit Helpende Hand Ons Spreekkamer se Facebook-blad.

LEES MEER

Ons Spreekkamer verjaar

Welkom dokter, en lekker verjaar Ons Spreekkamer!

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

Exit mobile version