Local newsNews

Vrou wag al amper drie weke vir operasie

Hierdie is nie die eerste keer dat ’n pasiënt lank wag op ’n operasie in die staatshospitaal nie.

Meer as twee weke nadat sy haar heup gebreek het, wag me.

Cristell Opperman steeds op ’n operasie by die staatshospitaal.

Opperman het haar heup gebreek nadat sy geval het.

Haar dogter me. Cariena Pearson het haar nou na sosiale media gewend in die hoop dat iemand dit sal raaklees en haar ma sal help.

“My ma lê al 18 dae in Witbank Hospitaal en ek gaan elke dag in om haar te bad en skoon aan te trek,” het Pearson gesê.

Sy het gesê dat haar ma se kateter Sondag 8 Mei geblok het en die verpleegpersoneel glo vir Opperman gesê het sy moet meer water drink sodat die kateter kan oopgaan.

Die kateter is glo later uitgehaal en toe Pearson by haar ma kom was haar hele bed glo sopnat.

“Gister het ek hulle gevra kan ek asseblief weet wie haar dokter is. Daar is gesê daar is nie ’n dokter oor haar nie, maar ’n span dokters. Die personeel wil glad nie die dokters se nommers vir my gee nie.”

Pearson het gesê haar ma verduur baie pyn.

Die familie wag nou om te hoor wanneer Opperman geopereer gaan word.

WITBANK NUUS het navrae is aan die departement van gesondheid gestuur, maar het nog nie terugvoer ontvang nie.

Lees Meer:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/189337/elf-dae-na-sy-been-gebreek-is-is-wimpie-uiteindelik-geopereer/?fbclid=IwAR1_joHsz0J9OnZ7B4wTuyyKmSRDxHAaiWvp6jNc6EQIxMK2ezD3lt5mghA

https://www.citizen.co.za/witbank-news/189073/gestremde-wag-al-week-vir-operasie-nadat-hy-sy-been-gebreek-het/?fbclid=IwAR0B3PH11XcZ7QCfEU09jGVF4CxrHk4OS6Z-hE69ulzwperzsIa2P5zj6Aw

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram,

Twitter

Witbank News App

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button