Local newsNews

Kolonel het jou selfoon en baadjie opgetel

Het jy jou baadjie en selfoon op die N4 verloor?

Kolonel Danie Hall is op soek na die motorfietsryer wat sy baadjie en selfoon op die N4 verloor het.

“Die motorfietsryer was op 24 April omstreeks 13:45 op die N4 vanaf Nelspruit na Middelburg onderweg toe sy sak oopgegaan en sy selfoon en baadjie uitgeval het,” het Danie vertel.

Danie het gesê ’n voertuig het oor die Techno-selfoon gery.

Hy het gestop en dit opgetel en wil dit graag aan die eienaar terugbesorg.

Gaan koekeloer gerus op Danie se Facebookblad.

Die eienaar kan gerus vir Danie ’n Facebook-boodskap stuur om sy goed terug te kry.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button