Pasop dat jy nie ’n kat in ’n sak koop nie

’n Slenter is gou hokgeslaan toe voornemende kopers onraad vermoed.

Moenie net goedere koop wat op Facebook geadverteer word nie, maak seker dis nie ’n slenter nie.

Veral nie as die goedere spotgoedkoop geadverteer word nie.

So het die ‘verkoper’ met WITBANK NUUS gesels.

Mnr. Marius Prinsloo het vertel dat hulle die advertensie van ’n silwer yskas te koop op Facebook raakgelees en kontak met die sogenaamde verkoper gemaak het.

“Ons het begin gesels op WhatsApp en die verkoper wou eers hê ons moet ’n elektroniese oorbetaling doen. Die verkoper het na ’n rukkie laat weet ons moet die geld eerder eWallet. Net daar het ek besef hierdie is ʼn skelmstreek.”

Nadat Prinsloo mense op Kriel Adverteer se Facebookblad gewaarsku het, het talle gesê hulle het amper vir die slenter geval.

“Die skelms adverteer wyd en syd. Daar is so baie mense wat vir hierdie winskopies val,” het Prinsloo gesê.

WITBANK NUUS het ook op die advertensie gereageer en na ’n WhatsApp-gesprek het die verkoper ook aangedring dat die geld of ten minste ’n deposito van R500 per eWallet aangestuur moet word.

Die nommer is die volgende dag gebel en ’n manspersoon het gemaak of hy niks van die yskas weet nie.

Deel jou nuusbrokkies met ons – 

Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of  Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version