Local newsNews

Jumbo se ‘gaste’ het geboek vir die Paasnaweek

Die twee seekoeie wys net so nou en dan hulle oortjies.

Dit lyk nie of die twee seekoeie in die dam op  mnr. Jumbo van der Merwe se plaas van plan is om gou te vertrek nie.

Die twee seekoeie, wat vroeë die week op Jumbo se plaas in die Zaaihoek-area aangekom het, het omtrent vir konsternasie gesorg omdat seekoeie nie in dié area voorkom nie.

Mnr. Piet Wassenaar, wat ’n permit van die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap het om enige probleemdiere te verwyder, het as te ware langs die dam gekamp om te sien of hy nie êrens ’n kalfie raaksien nie omdat daar gesê is daar is twee uitgegroeide seekoeie en ’n kalfie in Middelburg gesien.

“Tot dusver lyk dit of daar net twee seekoeie is,” het Piet gesê.

SIEN DIE VIDEO HIER

Die twee seekoeie het gister heeldag in die dam deurgebring en laataand hul verskyning op die wal gemaak waar hulle al te lekker in die gras langs die dam gewei het.

Piet het in 2020 drie krokodille in dieselfde area gevang wat van ’n krokodilplaas ontsnap het.

Hy het ook al baie gevaarlike slange in eMalahleni gevang en weer losgelaat op ’n plaas waar hulle veilig in hul omgewing sal wees.

LEES MEER

https://www.citizen.co.za/witbank-news/168105/third-croc-caught-in-zaaihoek-and-leeuwpoort-area/?fbclid=IwAR2RJyU4QJhr7URxGF5c1SWubzad0PUe2a_Oau89G36MEwVncT3EmOLl9yI

https://www.citizen.co.za/witbank-news/168040/five-snakes-caught-on-one-day-in-emalahleni/?fbclid=IwAR3Vr77_iftH2v_hweePz6bQOqEvWQdkdm33wMsu4sfNLXAijh0Qxsd8MU8

https://www.citizen.co.za/witbank-news/110756/piet-wassenaar-ken-van-slange-hanteer/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/167942/second-croc-caught-close-to-emalahleni/?fbclid=IwAR3kHpjzi03BL9B1Z2B_soupuCF-ogcQqLr_qZUR4c9myy6IRvR_ULIbPyk

https://www.citizen.co.za/witbank-news/119612/piet-van-nog-rinkhalse/?platform=hootsuite

 

Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of  Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

Back to top button