Seekoeie-gaste sê gou ‘hallo’ en verdwyn weer onder die water

Die seekoeie het vanmiddag skaam-skaam hulle koppe uit die water gesteek.

Die twee seekoeie wat gisteraand gesorg het vir opwinding op mnr. Jumbo van der Merwe se plaas kuier al te lekker in sy dam.

Die bekende plaaslike slangvanger, mnr. Piet Wassenaar het gesê die twee het laatmiddag gou net oë gewys en weer rustig onder die water verdwyn.

HIER IS DIE EERSTE VIDEO VAN DIE TWEE SEEKOEIE WAT IN EMALAHLENI KOM KUIER HET.

Piet hou hulle al heeldag dop en kon tot dusver net twee seekoeie sien. Dit  lyk nie of daar ’n kalfie by is nie.

“Die twee het gisteraand lekker naby Jumbo se voordeur gewei. Hulle lyk baie gemaklik in die dam,” het Piet gesê.

LEER MEER HIER

Middelburg se seekoeie het in eMalahleni kom kuier

Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of  Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Exit mobile version