Local newsNews

Middelburg se seekoeie het in eMalahleni kom kuier

Die seekoeie het besluit om in eMalahleni te kom kuier en het op mnr. Jumbo van der Merwe se plaas kom ‘plak’.

Die twee seekoeie wat Middelburg die afgelope naweek op hol gehad het, het eMalahleni toe ‘getrek’.

Mnr. Piet Wassenaar het vroeg vanoggend uitgery na mnr. Jumbo van der Merwe  se plaas Gedeelte 9 van die plaas Leeuwpoort op die Zaaihoekpad nadat die seekoeie gisteraand daar opgemerk is.

“Die twee was nie eers 40m van my voordeur af nie. Een van my plaaswerkers het hom asvaal geskrik toe hy op die seekoeie afkom wat eers lekker in die kikoejoegras gewei en toe rustig afgewandel het dam toe,” het Jumbo vertel.

Piet het gesê die twee ‘skaam’ seekoeie het geduik toe hulle die mense aan wal sien.

“Ons waarsku mense om versigtig te wees. Seekoeie is nie jou speelmaat nie,” het Piet gesê.

Voordat die seekoeie besluit het om op Jumbo se plaas te kom plak was hulle by die bruggie by Botshabelo in die Middelburg omgewing opgemerk.

Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of  Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button