Local newsNews

Het jy saad of raad? Deel dit gerus om aftreeoord in Kriel mooi te maak

Die Silwerfleur Aftreeoord se ingang het ook bietjie liefde en aandag gekry.

Die skoonmaak- en werkskeppingsprojek in Ga-Nala groei daagliks.

Op 29 Maart het me. Lezelle Otto en haar span die ingang by Silwerfleur Aftreeoord ‘aangeneem’ en mooigemaak.

“Ek kan nie wag om die tuin na die seisoen se groei te sien nie,” het Lezelle gesê.

Omdat die fondse wat hulle in vir die betaling vir die werkers aangewend word, het Lezelle begin plante bymekaarmaak.

Sy het saad ontvang en gaan dit ook saai.

“As ek reg onthou het ek die Daisysaad wat in die middelman in Springboklaan is einde verlede jaar gesaai. Ek het onlangs sommer om die palms ook gesaai en dié kom nou op,” het Lezelle gesê.

Sy nooi inwoners uit om hulle kennis oor plante in die Hoëveldklimaat met haar te deel.

As jy plante het wat jy vir die goeie doel wil skenk of net raad gee, kan jy Lezelle gerus skakel: 082 929 4130.

Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button