Local newsNews

Kom hang jou ou baadjie aan ’n boom en maak iemand ander se hart warm met dankbaarheid

Duisende baadjies en kombersies en serpe en mussies word regoor die land bymekaar gemaak en aan bome getrek vir behoeftiges om te vat.

Kenners meen dié winter gaan bitter koud wees.

Dis maklik om ’n baadjie uit die kas te haal en aan te trek, maar sommige het nie baadjies om hulle teen die snerpende koue te beskerm nie.

Vanjaar het me. Elsabé Pienaar weer besluit om die Baadjies aan Bome-projek te ondersteun.

Hierdie gemeenskap-omgeeprojek verskaf die platform aan elkeen wat ’n verskil wil maak om hulle ou of ekstra baadjies, jasse, serpe of enige warm klere aan die bome in hul gemeenskap te hang.

As jy deel van die projek wil wees, kan jy jou baadjies, serpe of jasse by Matrix Warehouse by die Pick n Pay sentrum in Klipfontein gaan aflaai.

Die items sal tussen 22 en 24 April aan bome in die stad gehang word sodat dié wat nie baadjies en jasse het nie, dit kan gaan afhaal.

Vir meer inligting skakel vir Elsabé by 084 318 7848 of Renier Victor by 079 284 9834.

LEES MEER:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/178493/baadjies-aan-bome-tref-emalahleni/?fbclid=IwAR1i4-dri7G1vHtn242UsaBoqyo7V3gShUmyUe_d2YAfoe_IYz6kLNs3rr4

Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of Epos: info@witbanknews.co.za Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button