Local newsNews

Donker R544 maak bestuur gevaarlik

Ongelukke op die R544 langs Duvhapark laat inwoners snags wakker lê. Hulle vra al ’n jaar lank dat ligte op die stuk pad vervang moet word

’n Jaar het al verloop sedert ’n petisie deur inwoners van Duvhapark ingegee is waarin hulle vra dat straatligte op die R544 reggemaak moet word.

“Ons is al moedeloos. Ons petisie het seker teen dooiemansdeur gestop, want die munisipaliteit gee net nie ’n duit om nie,” het mnr. Neil Schoeman, ondervoorsitter van die gemeenskapspolisiëringforum gesê.

In die petisie wat in April 2021 aan die munisipaliteit gestuur is, vra die inwoners dat straatligte vervang moet word.

“Baie mense het al gesterf as gevolg van die donker pad. Sigbaarheid in die aand van die glipweg voor die brug na die ingang van Duvhapark residensiële area is uiters gevaarlik,” het Schoeman beskryf.

Die R544 word veral gebruik deur padgebruikers wat na omliggende myne asook die kragstasie en die trokbesighede in daardie omgewing ry.

Daar is ook baie koletrokke wat die pad gebruik.

Dié probleem is na die plaaslike munisipaliteit toe verwys, maar geen reaksie is teen druktyd van hulle ontvang nie.

LEES MEER: Head-on collision on R544 Road leaves four people dead

R544 crash claims six lives: Families devastated

Horror crash on R544 claims six lives

Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 
Back to top button