Gesin van Duvhapark deur ses gewapende mans oorval

Die rowers het glo daarna die gesin se voertuie se sleutels geneem en op vlug geslaan met dié voertuie

Terwyl ’n gesin van Duvhapark besig was om voor te berei vir aandete is hulle onverhoeds betrap deur mans wat hulle huis binnegedring het.

Die voorval het Vrydag, 25 Maart omstreeks 18:00 gebeur.

Daar word verder beweer dat die ses gewapende mans die gesin vasgemaak en hul op die vloer laat lê het, terwyl hulle die man deur die huis gevat het – op soek na waardevolle items, die kluis se sleutel, asook kontant.

Die slagoffer het glo ’n onbekende bedrag geld aan die verdagtes gegee, waarop hulle kliphard gelag en hom aangerand het.

“Die is mos te min geld,” het een rower glo gesê voor hul ’n skattejag deur die hele huis gemaak het.

Die rowers het glo daarna die gesin se voertuie se sleutels geneem en op vlug geslaan met dié voertuie.

Die ses verdagtes was almal geklee was in gesigmaskers en handskoene.

Die voertuie is ’n rukkie na die traumatiese gebeure opgespoor op die Bethal-pad (naby Benicon).

Alhoewel die duurste items wel terugbesorg is aan die familie, lê daar baie dieper letsels na dié gebeure.

“Daar is nog geen arrestasies gemaak nie, maar dié voorval word nie ligtelik opgeneem nie en werk polisiebeamptes hard om dié misdaad en ander te bekamp,” het Witbank Polisie se woordvoerder, kapt. Eddie Hall gesê.

*WITBANK NUUS het talle kere probeer om in kontak te kom met die slagoffers, maar kon nie daarin slaag voor druktyd nie.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version