CrimeLocal newsNews

Rekenmeesters geskok na gewapende roof gister

Die personeel is nog steeds getraumatiseerd.

Rowers het weggekom met 16 skootrekenaars en ’n klomp selfone na ’n rooftog by Venter De Jager Geoktrooieerde Rekenmeesters

Dié rooftog het Woensdag omstreeks 10:18 plaasgevind toe rowers die firma onder die voorwendsel dat hulle kliënte is, binnegegaan het.

“Twee mans het ingekom en ’n belasting-navraag gedoen. Hulle is deur ons ontvangsdame na ons raadsaal geneem, waar hulle gewag het vir een van ons klerke,” het mnr. Janneman Booysen, een van die firma se vennote vertel.

’n Kort rukkie daarna het nog twee die kantoor binnegekom nadat hulle ook aangedui het dat hulle ’n navraag het.

Alles het binne sekondes verander toe die vier mans vuurwapens te voorskyn gebring en die personeel aangehou het.

Niemand is tydens die rooftog beseer nie.

SIEN DIE VIDEOMATERIAAL HIER

Die rowers het op hul tyd deur die kantoor gegaan en die skootrekenaars en selfone gevat.

Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms:  InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button