Waterkrisis in Uitbreiding 10 duur voort in eMalahleni

Inwoners is ook nie tevrede met die kwaliteit van water wat watertenk trokke na die gebied stuur nie.

Toegang tot veilige water is ’n fundamentele menslike behoefte en dus ’n basiese mensereg.

Watertekorte of wateronderbrekings is deel van eMalahleni se daaglikse bestaan.

Ná meer as ’n maand en ’n half se klagtes is geen oplossing aan die inwoners van Uitbreiding 10 gegee nie.

WITBANK NUUS het die afgelope maand vir die soveelste keer klagtes van moedelose inwoners in Uitbreiding 10, oor die tekort aan water vir minstens ses weke lank ontvang. Inwoners sê hulle het gedurende Maart slegs twee opeenvolgende dae water gehad.

Gedurende hierdie tydperk is die inwoners verseker na ’n vergadering met relevante munisipale werknemers en raadslede gehou is, ’n ‘tydelike’ oplossing in woorde voorgestel is, maar nooit ná die vergadering in werking getree het nie.

Nadat klagtes van talle platforms af ingedien is, het die water op 15 Maart weer deur die inwoners se krane gevloei, maar ’n paar uur later weer opgedroog.

WITBANK NUUS het terugvoer versoek van die woordvoerder van die munisipaliteit, mnr. Lebo Mofokeng wat gesê het dat die munisipaliteit ‘n watervoorsiening tekort het wat tot gevolg het dat sommige gebiede geen water of lae waterdruk het nie.

Volgens Mofokeng is ’n vergadering met onderskeie raadslede belê om die situasie te bespreek en onmiddellike aksies wat geneem moet word welke implementering afhanklik is van die water beskikbaarheid in die munisipale waterstelsel.

“Aangesien sommige waterskemas in die munisipaliteit onderbrekings ervaar as gevolg van instandhouding en/of toerusting mislukkings, het hy verder gesê, “is ’n ingrypingsplan ontwikkel en geïmplementeer om water in die munisipale stelsel te benut soos waterrantsoenering, watertenk trokke  word na geaffekteerde inwoners gestuur. Gebiede en aanvullingskemas word versoek om volgende ooreenkomste te verskaf. Die verbruikers word gehef vir die verbruik wat hulle geneem het en in gevalle waar daar lug in die waterstelsel is, word verbruikers versoek om die munisipale kantore te besoek vir regstelling van hul rekeninge.”

Lees die volledige berig in die WITBANK NUUS koerant.

LEES MEER:

Krane sonder water lei na klagtes en trane

Reën en trane is die enigste vorm van water in eMalahleni

Water sypel strate af, tog moet ons water spaar?


Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms:  InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

Exit mobile version