Local newsNews

Eerste gashuku vir die jaar ’n reuse sukses

Daar is op die dag hard geoefen en ook hard gespeel.

Sonkei Karate Dojo verdien ’n handeklap.

Dié dojo het hulle eerste gashuku (oefendag) vir die jaar aangebied en dit was ’n weghol-sukses.

Die karatekas het onder die bekwame hande van vier instrukteurs, wat saam meer as 100 jaar karate ondervinding het, geoefen. Daar is tydens die gashuku aandag gegee aan die fynere kata en kumite tegnieke.

Sensei Johnny Nel wys die wit belde die regte manier om te blok.

Na die gashuku is die karatekas en ook hulle ouers bederf met ’n boeresport-middag.

Almal is in spanne ingedeel van drie jaar tot 60 jaar – toe is daar tou getrek, ‘ski-walk’ gedoen, sakresies, aartappelresies, waterballon-gooi en die waterglybane aangedurf.

’n Heerlike ete het die dag afgesluit.

Die opwindende dag is deur senseis Diane en Johnny Nel gereël van Sonkei Karate Dojo wat onder Shotokan World Karate Federation geaffilieer is.

“Sonkei Karate Dojo is nou vyf jaar oud,” het sensei Diane trots vertel.

Die gas vir die dag was shihan Leon van Vollenstee wat die styl se hoof is.

Lees meer

https://www.citizen.co.za/witbank-news/131949/karate-kids-best/?platform=hootsuite

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons op die volgende sosiale media platforms

InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button