[Galery] Atletiekdag saam eMalahleni se kleurvolle kleuters

’n sportveld vol kleuters wat hardloop en juig, was hoe die dag afgeloop het.

Die gees het vanaf die pawiljoen gedreun, terwyl kleine lyfies deelgeneem het aan ’n kleuterskole sportdag by Laerskool Klipfontein.

Op Saterdag, 12 Maart het ses kleuterskole bymekaar gekom om ’n jolige dag van sport by te woon.

Die ses deelnemende skole was onder andere: Riekies Privaat Kleuterskool, Sunshine Kids, Cambridge Kids, Whizz Kids Montessori, Wiggle Waggles en Oak Hearts Kleuter Akademie.

Die gejuig van ouers het dié klein peuters se selfvertroue aangehits om teen ander maats te hardloop, hekkies te spring, boontjiesak te gooi asook ’n hindernisbaan aan te vat.

“Dit is altyd vir ons ’n plesier om so sportdag te organiseer en elke jaar word ons net meer verbaas oor hoeveel ouers en ondersteuners die kleuters kom ondersteun. Ons wil baie dankie sê aan elke ouer, ouma, familielid asook vriende wat die dag saam ons toekomstige atlete kom geniet het. Dan ook ’n groot dank aan Laerskool Klipfontein vir die gebruik van hul sportveld, Theuns van Wyk vir die verversings en ook Karen Kruger van ‘PlayBall’,” het die voorsitter van die Mpumalanga Kleutervereniging, me. Ria Taljaard in haar verwelkoming gesê.


Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: info@witbanknews.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Exit mobile version