Local newsNews

In eMalahleni word enige plek nou ’n ashoop

Nog ’n munisipale vragmotor wat langs ’n pad vullis stort.

Dit blyk dat munisipale vullistrokke se drywers nie weet waar die amptelike stortingsterrein is nie, aangesien vullis sommer enige plek langs paaie gestort word.

WITBANK NUUS het onlangs berig oor ’n munisipale wipwatrok en graafmasjien wat deur ’n inwoner afgeneem is waar dit vullis in ʼn veld in Duvhapark stort.

“Hier in Duvhapark gebruik hulle wragtig die area weer as ’n ashoop, net toe ons as inwoners dog die munisipaliteit het die grond waarna die hope vullis gevoer word, toegemaak. Die inwoners is net te gemaklik en wet is niks vir hulle nie,” het ’n inwoner gesê.

Enkele dae na dié klagte het hordes klagtes ingestroom, nie net oor onwettige stortingsterreine nie, maar ook dié van ’n munisipale vullistrok wat op heterdaad betrap is waar hy vullis blatant langs die Paxton-pad in die veld afgooi, dít terwyl die amptelike stortingsterrein slegs ’n paar kilometer daarvandaan is.

Op die video kan duidelik gesien word dat dit ’n munisipale voertuig is.

Verder kan jy sien dat die verkeer tot stilstand kom, terwyl die werkers besig is met die aflaai van vullis.

Deel jou nuusbrokkies met ons:  

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons op  WITBANK NEWS se sosiale media platforms:  InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Check Also
Close
Back to top button