CrimeLocal newsNews

Polisie soek bakkie wat jong bedelaar gestamp het

Enige ooggetuies word gevra om die polisie te skakel by 079 891 5570.

Nog een van die stad se bedelaars is omgery.

Die jong seun is Maandag, 7 Maart by die kruising van OR Tambostraat en die N4-kruising omgery.

Volgens omstanders het die bakkie wat die seun omgery het, weggejaag.

Die seun is na Witbank Provinsiale Hospitaal geneem vir behandeling.

Enige ooggetuies word gevra om die polisie te skakel by 079 891 5570.

Dit is nie die eerste keer dat ’n bedelaar by een van die besige kruisings omgery word nie.

In 2014 is die bekende dwerg bedelaar Philip Nkosinathi Ndlovu dood nadat hy deur ’n motorfietsryer gestamp is.

Op 30 Januarie 2019 is Dora Theunissen by die OR Tambo- en Amsterdamstraat-kruising raakgery.

’n Toyota Quantum minibus het ’n motor aan die kant verbygesteek wat gestop het omdat die verkeerslig rooi was en uitgeswaai vir Dora wat in die pad was. Die minibus het toe ’n Kia getref wat by die verkeerslig gewag het.

In die warboel is Dora ook getref.

Dora soek net genoeg geld vir ’n ‘cheap’ pakkie ‘cigarettes’

Polisie soek ooggetuies na Dora se ongeluk

OPVOLG: Dit gaan beter met Dora

Opvolg: Dora steeds in intensiewesorgeenheid


Share your news tips via:   Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: info@witbanknews.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms:   InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button