Local newsNews

‘Kom pik en proe saam met ons’ nooi die senior aksie van Oasis

Skepie vir skeppie gaan jy lekker kuier

Die AGS Oasis se Skemervreugde Senior Aksie is gereed vir hulle pik-en-proe-ete.

Lede van die aksie bied op Sondag 10 April na afloop van die oggenderediens die ete aan om fondse te in.

Elke persoon wat saam eet skep ’n teelepeltjie vol van elke gereg, en hoe meer geregte daar is hoe beter, want op die ou einde is elke bord tot oorlopens toe vol.

Daar word gesoek na mans en vrouens wat vir ons disse kan maak en skenk vir hierdie ete.

Ons elkeen het mos ’n dis waarvoor ons bekend is en mee kan spog!

Of dit nou ’n vleisgereg, slaai, tuisgebak of poeding is, kom ons ondersteun hulle asseblief hierin,” is die boodskap van die Skemervreugde Senior Aksie.

So ’n gemiddelde grootte oondbak van jou spesiale gereg vol is genoegsaam.

Daar is dan ook ‘n verrassing vir die dis wat volgens al die pik en proeërs as die wenner aangewys sal word.

Kaartjies beloop R30 per persoon  en is beskikbaar by Annalie van Staden en Lalie van der Berg.

As jy ’n geurige dis wil skenk of ’n kaartjie wil koop, bel gerus vir Annalie: 061 428 7345 of Lalie 083 320 9862.

Deel jou nuuswenke met ons via:   Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za  

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:   Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking  

Back to top button