Local newsNews

Dankie aan Wimpie se engele

Wimpie se familie bedank graag almal wat hulle bygestaan het.

Die 60-jarige Wimpie van der Merwe is al amper gereed om huis toe te gaan.

Die gestremde man wat vir meer as 10 dae gewag het op ’n beenoperasie, is Vrydag, 18 Februarie  in Witbank Hospitaal geopereer.

Wimpie, ’n inwoner van Huis Betsie Louw het sy been gebreek toe hy op 7 Februarie oor ’n lae muurtjie geval het.

Hy wou ’n besem kry toe hy geval en sy been gebreek het.

Sy familie het na WITBANK NUUS uitgereik nadat Wimpie dag na dag erge pyn verduur het omdat sy operasie nie geskeduleer was nie.

Nadat die berig op die koerant se sosiale media verskyn het, het dr. Santa-Marie Venter dadelik aangebied om die operasie gratis te doen.

Sy is ’n ortopeed wat in eMalahleni gebore en getoë is en daarom lê dié stad se mense haar na aan die hart.

Dokter Athos Papadopoulos, ’n ortopeed by Witbank Hospitaal het dit egter reggekry om die operasie voor die naweek op die operasielys te kry.

Mnr. Danie van der Merwe, Wimpie se broer het gesê dit gaan baie goed met ‘Wimpers’ soos hulle hom noem.

Tannie Raaitjie Gouws, Wimpie se ma het almal bedank wat die gesin bygestaan het en ook vir die hulp en bystand vir Wimpie.

“Dankie is net ’n ses-letter woord, maar in die ses letters is daar soveel meer vasgevang as net die woord. Baie dankie aan me. Amanda Goldswain vir haar raad en bystand, dokter Santa, jy is ’n engel. Dan ook vir dokter Papadopoulos, dankie dat jy Wimpers se operasie behartig het. Ons bid dat Jesus beide die dokters se hande sal seën. Ook aan Marinda en Dirk Luüs van Huis Betsie Louw sê ons ook baie, baie dankie,” het Tannie Raaitjie dankbaar gesê.

LEES MEER:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/189337/elf-dae-na-sy-been-gebreek-is-is-wimpie-uiteindelik-geopereer/?fbclid=IwAR1_joHsz0J9OnZ7B4wTuyyKmSRDxHAaiWvp6jNc6EQIxMK2ezD3lt5mghA

https://www.citizen.co.za/witbank-news/189073/gestremde-wag-al-week-vir-operasie-nadat-hy-sy-been-gebreek-het/?fbclid=IwAR0B3PH11XcZ7QCfEU09jGVF4CxrHk4OS6Z-hE69ulzwperzsIa2P5zj6Aw

Deel jou opinie met ons op: WhatsApp: 060 866 8682 Email: info@witbanknews.co.za Of op ons sosiale platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button